ONS SPAN
JUSTIN DREYER
Justin is die herder-leraar van die gemeente en is sedert Maart 2016 deel van die span. Hy het ‘n groot liefde vir die prediking van God se Woord en wil beleef hoe mense se lewens verander word deur die aanhoor en bestudering van God se Woord; asook deur die ervaring van Sy onvoorwaardelike liefde en die gemeenskap van die gelowiges. Dit is sy begeerte, saam met die gemeente s’n, dat AGS Krugersdorp-Sentraalkampus ‘n Plek van Hoop sal wees vir elke persoon in die omgewing, deurdat hulle vir Jesus ontmoet en Hom leerken. Justin is getroud met Vanessa en hulle het ‘n dogter saam.
VANESSA DREYER
Vanessa is Justin se eggenote. Sy is die hoof van die gemeente se sustersraad en vorm deel van die gemeente se gasvryheidsbediening en Sondagskoolpersoneel. Vanessa is voltyds in die onderwys werksaam as die onderhoof van ‘n christelike skool in Randfontein.
RENETTE SMALL
Renette is die gemeente se administratiewe beampte en die persoonlike assistant van die pastoor. Die meeste van haar onmisbare werk vind agter die skerms plaas. Sy is verantwoordelik om as skakelpersoon op te tree tussen die gemeente en die leierskap. Alle navrae kan aan haar gerig word en sy sal spoedig daaraan aandag gee.
ANITA GROBLER
Anita is die sameroeper van die gemeente se Sondagskoolpersoneel. Sy het ‘n hart vir kinders en wil seker maak dat die “lammertjies” van die kudde ook geestelik gevoed word en ook ‘n rol speel in die breë gemeentelewe.
MELLENY DREYER
Melleny tree op as die sameroeper en leier van die gemeente se voorsangers en mulit-media span. Dit is die begeerte van haar hart, asook van die res van die aanbiddingspan, om die Here te loof en te prys deur middel van sang en musiek. Vir haar en die span gaan dit nie oor die vorm of die beeld van aanbidding nie, maar oor die inhoud: Jesus Christus.
GEBEURTENISSE
BESONDERHEDE
Kontak Besonderhede
- Adres: h/v Ockerse – en Jeppestrate, Krugersdorp
- Administratiewe beampte: Renette Small – 072 388 4697, agssentraal@gmail.com
- Kerkkantoor: Juliana Coetzee – 082 718 3333, admin@raakleef.com
Kantoor Ure
Maandae tot Vrydae
08:30 – 13:00
Gereelde Dienste
Sondae 10:00
Woensdae 09:00 – Intersessors
Woensdae 10:00 – Oggendbiduur
Woensdae 18:30 – Omgeegroep
Bankbesonderhede
AGS Krugersdorp-Sentraal
Nedbank
1988 334 438
Tak – 198 841




















